








|
|
 |
Home - Kontak Ons - Borge - Foto Galley - Kalender
Hi, my naam is Tania Strauss en ek en ‘n klomp van my vriendinne het ‘n wonderlike uitreiking begin wat die volgende behels. Daar is soveel organisasies wat voedsel, klere en komberse vir minderbevoorregte mense uitdeel (wat fantasties is!) maar dikwels word daar vergeet van die persoonlike higiene produkte.
Nadat ons baie gebid en navorsing gedoen het, het die Here vir ons die volgende gedagte gegee. Elke maand gaan ons bederfpakkies vir minderbevoorregte tienermeisies opmaak. Pakkies wat hulle nie soos “charity cases” gaan laat voel nie, maar eerder soos prinsesse. Daar is so baie goed wat ons as vanselfsprekend aanvaar, maar wat vir duisende meisies ‘n luuksheid is. Die pakkies bevat produkte soos shampoo, “roll on” sanitêre produkte ens. en word op ‘n maandelikse basis persoonlik vir hul oorhandig. (Daar word ook met die byeenkomste so bietjie basiese afrondingsklasse gegee.) |
|
|
Die reaksie is oorweldigend en almal werk fluks saam om hiervan ‘n groot sukses te maak. God het alreeds vir ons soveel deure oopgemaak!
As jy deel van ons wonderlike “club” wil wees is jy baie welkom. Daar is vroue reg oor Suid-Afrika wat ons ondersteun en of jy R20 of R200 per maand gee, weet dat jy ‘n verskil in ‘n meisiekind se lewe maak.
ONTHOU ELKE RAND WAT JY GEE GAAN DIREK VIR DIE MEISIES SE PRODUKTE, GEEN GELD WORD VIR EIE GEWIN GEBRUIK NIE! |
|
Hi, my name is Tania Strauss and my friends and I started a wonderful outreach that contains the following. There are so many organisations that give food, clothes or blankets (which are fantastic) but so many times we forget the personal hygiene products. After much prayer and research the Lord gave us the following thought. We can make a difference! Every month we are going to give underprivileged girls a parcel. We hope that these parcels won't make them feel like charity cases but rather like princesses. There are so many products, which we think of as obvious , but for many girls it's a luxury ! This parcels contains products like shampoo; roll on, deodorant and sanitary products ect . We give these products personally to the girls and at those meetings we also teach them some skills in womanhood. You can be part of this giving “club” like so many women all over South Africa by giving any amount of money per month (we don't' care if it is R20 or R200) Your money will make a change is some young woman's live. REMEMBER THAT EVERY RAND YOU GIVE WILL BE SPEND DIRECTLY ON THE GIRLS PRODUCTS AND NO MONEY WILL BE USED FOR OUR OWN BENEFIT I GIVE YOU MY WORD!
|
|
Vriende, as daar enige belangstellendes is in die Mpumalanga area wat betrokke wil raak by die Annebel Klub, kontak gerus vir Sonja van Niekerk. Ons sal so bly wees as julle kan help.
Julle kan Sonja kontak by 082 772 5234 of sommer net 'n ou e-pos sal ook reg wees by sonjavn@webmail.co.za of sonja@annebel.za.org.
Baie dankie aan almal wat belang stel. |
|
|
|
| |